Malmesbury se heel eerste Parkrun het sewe jaar gelede op 4 Julie 2017 in Baroccastraat weggespring. Intussen het die inisiatief, wat mense vandag wêreldwyd aanmoedig om hul tekkies af te stof, op tuisbodem al verskeie mylpale deur die jare gevier. Altesaam 186 drawwers het die afgelope Saterdag (6 Julie) die bibberweer trotseer en in die verjaarsdagpret kom deel. Talle pryse was op te spel en selfs ’n geleentheid om aan die plaaslike Swartland- en Darling-DBV te skenk.


Malmesbury se Parkrun vier 7 jaar

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article