Malmesbury kan dalk binnekort weer met ’n Rotariërklub pronk as die planne van ’n naburige klub vlot verloop.

Frederik Jansen, ’n voormalige president van die Melkbosstrand-rotariërklub, is oorgehaal om weer ’n Rotariërklub in dié Swartlandse dorp tot stand te bring.

“Malmesbury is ’n gevestigde dorp in die omgewing. Dit is die sentrale punt van besigheid. Dis’n groot dorp, so daar moet Rotariërs daar wees wat nie weet hulle is Rotariërs nie,” het Jansen in ’n onlangse onderhoud gesê.

Die eerste vergadering word Woensdag (16 Augustus) om 18:00 by die Schoonspruit Sekondêre Skool in Malmesbury gehou.

Volgens Rotariërs Internasionaal se reëls moet ’n klub minstens 20 lede hê voordat dit amptelik tot stand kan kom, maar Jansen glo meer as genoeg sal belangstelling toon om hierdie minimum te behaal. In die tussentyd kan Malmesbury as ’n satellietklub van die Melkbosstrand-klub tot stand kom.

“Dit sal gaaf wees as ons voor die einde van die jaar ’n Rotariërklub in Malmesbury gevestig kan kry.” 

  • Mense wat belangstel om by die Rotariërs betrokke te raak, kan Jansen by 084 515 7079 bel of ’n WhatsAppstuur.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article