Maart is tot dusver gekenmerk deur swaar reënneerslae en donderstorms in groot dele van die Wes-Kaap, wat ongewoon is vir hierdie tyd van die jaar wanneer die Kaap-provinsie gewoonlik sy warmste somerdae ervaar. Die plaaslike fotograaf Neil Geldenhuys het onlangs hierdie lugfoto van wolke wat oor Kasteelberg begin saampak, geneem. Nog reën word vir vandag (Dinsdag) deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens vir Malmesbury en omliggende dorpe in die Weskus-streek voorspel. Foto: Neil Geldenhuys


Maart-hitte maak plek vir reën

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article