Bestanddele

2 hoenderborsies

1 t droë gemengde kruie

1 t fyn komyn

sout en varsgemaalde swartpeper

olie vir braai

6 tortillas

1 rooi en 1 groen soetrissie

2 rooi brandrissies, gekap

3 sprietuie, in skywe gesny

½ kop blaarslaai

½ koppie suurroom

Metode:

1. Meng die hoender, gemengde kruie, komyn, sout en peper in ’n bak.

2. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan oor hoë hitte en braai die hoender tot verbruin en gaar terwyl jy dit dikwels omdraai.

3. Rooster die tortillas een-een vir twee minute aan weerskante in ’n droë pan oor matige hitte.

4. Vou die hoender, soetrissie, brandrissies, sprietuie en slaaiblare in die tortillas toe en sit voor. -watertandresepteviroudenjonk.com.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article