Altesaam 100 sakkies tik is in ’n man van Piketberg se slaapkamer in sy ma se huis gevind en sy het die polisie ontbied.

Credit: SYSTEM

’n Moedelose ma van Piketberg het die polisie gekontak oor dwelms wat haar seun in sy kamer weggesteek het.

Kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrik, sê die ma het aan die Piketberg-polisie gesê haar rebelse seun (28) steek dwelms in haar huis weg. Sy het die polisie toestemming gegee om haar huis in Magnoliastraat deur te soek.

Die polisie het 100 klein sakkies tik in haar seun se kamer gekry.

Die man is op Maandag 24 Oktober in hegtenis geneem en het Dinsdag 25 Oktober in die plaaslike landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article