Lui die Kersfeesseisoen in met ’n Kersfeeskonsert wat Sondag 18 Desember gehou word.
Die Conquerors-gospelgroep bied hierdie konsert in die Robertson-burgersentrum aan.
Ds. Shaun Titus sal die Woord bring en talle anders sprekers, onder wie Ruwayda Theunissen, Berton van Esland, Fielies Kok, Newton Tengani, Jacoline Louw, Denver Gripse en Victor Keys, sal ook optree.
Kaartjies kos R40 vir volwassenes en R20 vir kinders 12 jaar en jonger. Die konsert begin om 14:30. Kaartjies kan by die deur gekoop word.



