Lugaktiwiteite

Landbougewasse in die Swartland word tans met onder meer swammiddels en onkruiddoders behandel. Talle landbouprodusente maak deesdae ook gebruik van hommeltuie om hul gewasse te bespuit. Landerye is vandeesweek weens swaar reën en nat toestande vir baie landbouers onbegaanbaar wat hulle dus noodsaak om van hommeltuigtegnologie, spuitvliegtuie of helikopters gebruik te maak om hul gewasse te behandel. Jeandré de Beer van PACSys het onlangs dié foto van hul hommeltuig in aksie in die Swartland-omgewing geneem.


Lugaktiwiteite

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article