Lowensvlei, die enigste gerbera-plaas in die Wes-Kaap, het onlangs nuwe eienaars gekry. Die vorige eienaar, Cilla Lowen, het Lowensvlei (10 km suid van Malmesbury) 20 jaar besit, en Marco Moors (links) en Ruaan Dreyer het op 1 Junie eienaarskap oorgeneem. Marco is ’n Bloemfonteiner in murg en been terwyl Ruaan ’n oud-Kapenaar is. Hulle besef hulle gaan binnekort die berugte suidoostewind en sy gevolge op ’n blomboerdery leer ken, en gee baie erkenning aan Lowensvlei se gesoute werkers by wie hulle weekliks nuwe feite oor gerberas leer. Hierdie nuwe Swartlanders het baie planne om hul blommereekse uit te brei – hou dus hierdie ruimte dop! Foto: Sarie Nell


Lowensvlei kry nuwe base

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article