Gr. 8- tot gr. 10-leerders van die Hoërskool Porterville se Loopbaanklub.

Gr.8- tot gr.10-leerders van die Hoërskool Porterville het onlangs die bekendstelling van hul Loopbaanklub (career club) bygewoon.

Die Loopbaanklub is ‘n inisiatief van die provinsiale onderwysdepartement om leerders met loopbaankeuses te bemagtig.

Die departement se lewensoriënteringspan het die Loopbaanklubprogram in 2023 as deel van die Wes-Kaapse regering se Groei vir Werkgeleenthede-strategie (G4J) van stapel gestuur.

Die vlagskipprogram poog om toegang tot ekonomiese geleenthede en indiensneembaarheid soos onder meer vaardighede en onderwys, vervoer en behuising te verbeter.

Die fokus is om loopbaanvoorbereiding en werkgereedheidsbevoegdhede en -vaardighede deur lewensoriëntering te verbeter.

Die klubs fokus op loopbane met veral wetenskaponderwysers wat byvoorbeeld inligting verskaf oor loopbane gekoppel aan die wetenskap-, tegnologie-, ingenieurs- wese- en wiskunde-vakke (STEM) en ekonomie-onderwysers sal byvoorbeeld die eise van die land se ekonomie en die loopbane in daardie sektor aanspreek.

Leerders van die Hoërskool Porterville tydens die bekendstelling van die skool se Loopbaanklub.
Leerders van die Hoërskool Porterville tydens die bekendstelling van die skool se Loopbaanklub.

Tweedens bied dit leerders die geleent- heid en ‘n bemagtigende platform om eienaarskap vir die vestiging van hul loopbaanpaaie te neem.

Die loopbaanklubs stel leerders in staat om mense van ‘n verskeidenheid beroepe buite die konvensionele beroepe uit te nooi om leerders toe te spreek.

Derdens was die plan dat dit onderwysers moet motiveer om meer kreatief en vernuwend in die hantering van loopbaanbeplanning met leerders te word.

Vierdens word gepoog om leerders die belangrikheid van entrepreneurskap in hul gemeenskappe en die uitwerking daarvan op werkskepping in daardie gemeenskappe, die land en internasionaal ten volle te laat verstaan.

Die Hoërskool Porterville-leerders het na insiggewende toesprake van sprekers geluister en die onderwysdepartement vir rugsakke en kospakkies bedank.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article