London Twaku (14) woonagtig op die plaas Middelpos buite Malmesbury, het goud losgeslaan by die onlangse Judo Statebond-kampioenskap wat van 2 tot 6 Augustus in Port Elizabeth plaasgevind het.
Twaku, ’n graad 8-leerder by Schoonspruit Sekondêr het geskiedenis gemaak deur die heel eerste tiener afkomstig van ’n landelike plaasomgewing van reg oor die hele Suid-Afrika te wees wat ’n goue medalje danksy haar skitterende deelname ingepalm het. Racquel Pieters (15) van die plaas, Môreson, wat ook die kampioenskap bygewoon het, het ’n vierde plek in haar gewigsafdeling behaal.





