Vier leerders van die Hoërskool Swartland het op 21 Oktober aan die 2023- Weskus-skoleskaakuitdaging by die Laerskool Liebenberg deelgeneem, waar hulle in die kampioenskap se liga gespeel het. Elke speler het die geleentheid gehad om vyf rondes te speel. Alexander Clemitson het twee van sy rondes gewen. Tristan Breytenbach het ook twee gewen. Perusha Maarman het drie rondes gewen, ’n sesde plek in die toernooi gehaal en is as die beste o.18-skaakspeler in die meisiesafdeling van die toernooi aangewys. Stefan du Plessis het vier rondes gewen en was derde. Van links is Tristan, Perusha, Alexander en Stefan.

Credit: SYSTEM

Leerders maak goeie skuiwe

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article