Die Langeberg- 8 Ball-Sondag-liga se twee gedugte spanne – Hillside A en Hillside B – het sake die afgelope naweek behoorlik uitgespook.
Hierdie twee spanne was gelyk boaan die punteleer met 85 punte elk, waarvan Killer-Beatz met 84 punte op hulle hakke was. Ongelukkig moes Killer-Beatz die knie voor Hillside A buig, waarvan Hillside A net sewe punte teen Killer-Beatz kon kry, terwyl Hillside B ’n volle nege punte teen All Stars behaal het en boonop ’n punt ook verdien het. So het Hillside B in die proses sy posisie boaan die punteleer verstewig en sy voorsprong van twee punte bo Hillside A behou.
Hillside A en Hillside B het mekaar Sondag (31 Julie) in ’n derby-potspelwedstryd aangepak. Ongelukkig vir Hillside A span het hy teen Hillside B die onderspit gedelf. Hillside B het die pap aan die begin gou dik aangemaak en afgesluit met Hillside B se 14 punte teenoor Hillside A se nege punte, terwyl Hillside A met die kous oor die kop huis toe gestap het – weliswaar met net een punt te min. Hillside B is boaan die punteleer met 101 punte, Hillside A met 92, Killer-Beatz met 86, Fanatics met 51 en All Stars met 37 punte op die telbord.
In die wedstryd tussen All Stars en Fanatics het Fanatics weer eens All Stars met 15 punte teenoor 10 geklop. Breyton Geduld, die o.14-Noord-Boland-speler van Langeberg- 8 Ball Pool-liga, het volpunte (5/5) vir sy span behaal.
Fanatics het agt punte uit sy wedstryd teenoor All Stars se een gekry. . Hierdie naweek (Sondag 7 Augustus) sal Hillside B en Fanatics kragte meet terwyl All Stars en Killer-Beatz mekaar sal aandurf.
Hillside A geniet ’n loslooitjie.




