Krieket: Die Laerskool Swartland se o.13-krieketspan en spanafrigters.


Die was ’n besige vakansie vir die jong sportmanne en -vroue van die Laerskool Swartland wat aan verskeie sportgeleenthede deelgeneem en goed presteer het.

Krieket

Die o.13-krieketspan het aan die HTS Drostdy- en Worcester-Oos-o.13-Krieketfees deelgeneem en die volgende uitslae behaal:

Wedstryd 1: LSS t. Uitnodiging-XI-tal (groepwedstryd 1):

LSS 116 vir 4 ná 20 beurte.

Kolwers: Janco Hoon 26 (21) nie uit nie; Joshua Bierman 21 (45) nie uit nie.

Uitnodiging-XI-tal 106 vir 6 ná 20 beurte.

Boulers: Ruan Zeeman (4 beurte, 1 leeg, 2 paaltjies vir 12 lopies); Connor Solomons (4 beurte, 2 paaltjies vir 32 lopies).

LSS wen die wedstryd met 10 lopies.

Wedstryd 2: LSS t. Worcester-Oos (groepwedstryd 2):

LSS 62 vir 6 ná 20 beurte.

Worcester-Oos 63 vir 0 ná 10.1 beurte

LSS verloor met 10 paaltjies.

Wedstryd 3: LSS t. Stellenbosch o.13B (groepwedstryd 3):

LSS 101 vir 9 ná 20 beurte.

Kolwers: Joshua Bierman 31 (29); Herlu Smith 25 (44).

Stellenbosch 65 vir 10 ná 16.1 beurte

Kolwers: Joshua Bierman (4 beurte, 4 paaltjies vir 20 lopies); Gideon Truter (4 beurte, 2 paaltjies vir 19 lopies).

LSS wen met 36 lopies.

Joshua Bierman word aangewys as speler van die wedstryd.

LSS, Worcester-Oos en Uitnodiging-XI-tal eindig op vier punte. LSS eindig derde tussen die drie skole as gevolg van ’n swakker lopietempo.

Wedstryd 4: LSS t. Bredasdorp (5de plek halfeindstryd):

LSS 98 vir 8 na 20 beurte.

Kolwers: Herlu Smith 26 (40).

Bredasdorp 99 vir 8 ná 19.5 beurte

Boulers: Joshua Bierman (4 beurte, 2 leeg, 3 paaltjies vir 6 lopies);

Gideon Truter (4 beurte, 2 leeg, 2 paaltjies vir 13 lopies); Herlu Smith (3.5 beurte, 2 paaltjies vir 18 lopies)

LSS verloor met twee paaltjies.

Wedstryd 5: LSS t. Stellenbosch o.13B (7/8ste plek uitspeel):

Stellenbosch 52 vir 6 na 20 beurte

Boulers: Gideon Truter (4 beurte, 2 leeg, 3 paaltjies vir 4 lopies); Callum Claassen (4 beurte, 2 paaltjies vir 15 lopies).

LSS 53 vir 3 ná 12.1 beurte.

LSS wen met sewe paaltjies.

Gideon Truter word aangewys as speler van die wedstryd.

Tennis
. Jeanne Thompson, Danielle Hoffman, Anne-Mari Steyl en Karlien Viljoen het Sondag 15 September aan die eerste ronde van die Rising Star-meisies-tennistoernooi deelgeneem en eerste in die Swartland-streek geëindig.

Dié vier tennisspelers het daarna (29 en 30 September) aan die tweede ronde van die kompetisie deelgeneem, waar hulle vir die Wes-Kaapse kampioen tussen die verskillende streke uitgespeel het. Hulle het die Swartland-streek verteenwoordig.

Ronde 1 t. Courtrai (Groepwedstryd 1):

LSS verloor al twee enkelwedstryde en die dubbelswedstryd.

Ronde 2 t. Beaumont (Groepwedstryd 2):

LSS verloor beide enkelwedstryde, maar wen die dubbelswedstryd.

Ronde 3 t. Outeniqua (Groepwedstryd 3):

LSS wen een enkelwedstryd en die dubbelswedstryd, maar verloor die ander enkelwedstryd.

Ronde 4 t. Vredendal (Groepwedstryd 4):

LSS wen een enkelwedstryd en die dubbelswedstryd, maar verloor die ander enkelwedstryd.

LSS eindig saam met die Laerskool Koue Bokkeveld in die vyfde plek.. Pieter-Jan Bezuidenhout het in die Septembervakansie aan die Pro Kennex-tennistoernooi vir seuns o.9 deelgeneem en vierde geëindig.

Bergfietsry

Daniël Carstens het aan die WCSC-liga deelgeneem aan die einde van die seisoen en algeheel vyfde in die afdeling vir junior seuns geëindig.

Gimnastiek

Heinrich Erasmus het ’n derde plek in die Trampolien-item in sy ouderdomsgroep by die WP-gimnastiektoernooi verwerf.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article