Die groep wat elke Derde Dinsdag van die maand vergader en saam leer, groei en planne beraam, saam met die sakekamer-voorsitter Brian Siebritz (regs).


Malmesbury Sakekamer se reeks byeenkomste vir entrepreneurs en eienaars van klein ondernemings, getitel “Derde Dinsdag”, het onlangs sy laaste byeenkoms vir die jaar by Mustard Seed in Malmesbury gehou.

Een van die voordele van die Derde Dinsdag-byeenkomste is dat entrepreneurs mekaar leer ken en nuwe samewerkingsooreenkomste sluit. Een voorbeeld is Mumsy & Co se velsorgprodukte, wat deesdae te koop aangebied word in Layered se pragtige handgemaakte materiaalsakkies.

Van links is Rhyan Coetzee, Jimmy Croukamp, Mariaan Coetzee (Mumsy&Co), Anya Lourens (Layered) en Christel Versfeld. Foto: Sarie Nell

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article