Tweehonderdpersent meer mense het deelgeneem in Malmesbury Sakekamer se diensverskaffer van die jaar-kompetisie. Dit beteken groter betrokkenheid van Malmesbury se mense; dit beteken ook dat die wenners vanjaar ’n groter mandaat uit die gemeenskap ontvang as in 2022.

Nou is dit asem ophou om te sien wie gaan Saterdagaand (21 Oktober) as wenners in die onderskeie afdelings (groot, medium en klein ondernemings asook individu van die jaar vir uitmuntende dienslewering) aangewys word.

By groot ondernemings is die vyf finaliste in alfabetiese volgorde Build It Malmesbury, Kaap Agri, Malmesbury Fisheries, Malmesbury Superspar en RSAM.

Finaliste in die medium afdeling is Bergzicht Dierehospitaal, Flynet /Cornergate, Geard Apteek en nuwelinge Sabino Canyon Spur en The Courier Guy Malmesbury.

By klein ondernemings is Die Kookwaterwinkel, Koffie, Manie’s Halaal Takeaways, Swartland Apteek en W.R. Motors die finaliste wat om die eerste drie plekke sal meeding.

Die finaliste wat vir uitstekende dienslewering benoem en as individu van die jaar aangewys word, trek elke jaar baie aandag. Vanjaar is die finaliste in hierdie afdeling Abdurahgmaan Allie van Manie’s Takeaways; Jeanne Steyn van Swartland Dojo; Johan Beukes van Cherry Lane; Tayla Erentze van Ella Bella Beauty Salon en Werner Rautenbach (WR Motors).. Enkele kaartjies is nog beskikbaar vir Saterdagaand se spoggeleentheid in die Malmesbury-stadsaal, waartydens die wenners aangewys word. Malmesbury Agri se wenners word ook by hierdie geleentheid bekendgemaak. Stuur vandag nog ’n e-pos-aansoek na info@sakekamer.co.za indien jy graag Saterdagaand wil bywoon. Rugbygeesdriftiges sal die halfeindronde tussen Engeland en Suid-Afrika in die banketsaal kan kyk.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article