Malmesbury se jaarlikse atletiek-afrigtingskliniek word vanjaar op 27 Januarie by die sportterrein van die Laerskool Swartland aangebied.

Hierdie kliniek, onder die vaandel van Boland Atletiek, word reeds jare lank in Malmesbury aangebied met die doel om die kennis en ervaring van gekeurde en uitgesoekte afrigters na die Swartland te bring en atletiek as sport op hierdie manier te bevorder.

Dit word ook jaarliks deur skole van omringende streke ondersteun.

Items soos naellope, middelafstande, ver- en hoogspring, hekkies, gewigstoot, diskus- en spiesgooi asook stap sal hier geslyp kan word.

Kostes beloop R100 per leerder en R150 per skool-afrigter wat hierdie geleentheid vir ontwikkeling wil aangryp.

Die verrigtinge duur van 8:30 tot 14:00 en sertifikate om bywoning van die kliniek te bevestig, sal uitgereik word. . Kontak Elmarie Marais voor of op 26 Januarie by 084 517 4692 vir navrae en inskrywings.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article