Hoërskool Swartland bied op 31 Augustus en 1 September die musiekblyspel “Droomreis” aan, met solosang deur Dané Viljoen, Martine Versfeld, CJ van Aarde, JP Truter, Yvana Scott, Martin Ras en Lara Cotter. Dit word in die Hoërskool Swartland se skoolsaal opgevoer en begin elke aand om 19:00 vir 19:30. Kaartjies is te koop by mev. P. van der Westhuijzen by die skoolkantoor tussen 09:00- 14:30 (Maandae tot Vrydae). Kaartjies kos R120 vir volwassenes en R80 vir kinders. Kom reis saam en beleef die spelers se talent en toewyding! Foto: Johan Viljoen


kom reis saam met hoërskool swartland

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article