Die Robertson-ACVV-dienssentrum beplan ’n praatjie deur Seeds for Africa.
Die praatjie handel oor die onderneming en hoe hulle honderde unieke saadsoorte aan tuinbou-entoesiaste oral in die land voorsien.
Hul sade sluit alles van eksotiese vrugte soorte soos custard apples, boomtamatie, wit aarbei en dragon fruit tot skaars groente-variëteite soos pers blomkool en die veelkleurige glass gem corn in.
Hulle verskaf ook ’n wye verskeidenheid blomplant-sade, bonsai-saad, kruie-saad en skaars Afrika-sade.
Seeds for Africa sal van sy gewildste saadsoorte vertel en verduidelik hoe om self daarvan te bestel.
Die praatjie sal by die Robertson-ACVV-dienssentrum aangebied word en hulle nooi almal om vir hierdie interessante praatjie aan te sluit. Verskeie sade sal op die dag te koop aangebied word – onthou dus om geld saam te neem.
Onthou ook om te bespreek.
Die praatjie word Vrydag 19 Mei gehou en begin om 09:30. Bywoners kan al van 09:af 00 opdaag. Koffie, tee en eetgoed sal beskikbaar wees.. Koste vir ACVV-lede is R10 en R20 vir nie-ACVV-lede. Besprekings kan by 023 626 4927 gedoen word.



