Malmesbury se jaarlikse atletiek-afrigtingskliniek vind hierdie Saterdag (27 Januarie) by die sportterrein van die Laerskool Swartland plaas.

Hierdie kliniek, onder die vaandel van Boland Atletiek, word vanjaar die 27ste keer aangebied met die doel om die kennis en ervaring van gekeurde en uitgesoekte afrigters na die Swartland te bring en om atletiek as sport op hierdie manier te bevorder.

Uitstekende aanbieders sal atlete en afrigters slyp in items soos naellope, middelafstande, ver- en hoogspring, hekkies, gewigstoot, diskus- en spiesgooi asook stap.

Kostes beloop R100 per leerder en R150 per skool-afrigter wat hierdie geleentheid vir ontwikkeling wil aangryp.

Die verrigtinge begin om 8:30 en duur tot 14:00.

Sertifikate om jou bywoning van die kliniek te bevestig, word ook uitgereik.

. Kontak Elmarie Marais voor of op 26 Januarie by 084 517 4692 met navrae en inskrywings.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article