Die gemeenskap van Weskus Kollege in Malmesbury is in rou gedompel ná die dood van hul adjunkhoof, Rhazia Hamza (47).

Die kollege het die hartseer nuus van haar dood die afgelope Vrydag (22 November) op sy sosialemediablad gedeel.

Hamza het op die kollege se bestuur as die adjunk- uitvoerende hoof vir die departement van innovasie en ontwikkeling gedien.

“Hamza was geliefd deur baie wat die voorreg gehad het om haar te ken. Sy was ’n sterk en ongelooflike vrou wat gemis sal word. Ons innige meegevoel gaan aan haar familie en vriende.”

David Stevens, ’n oudkollega, het Hamza as ’n merkwaardige leier beskryf. “Haar leiding, toewyding en ondersteuning was van onskatbare waarde. Rhazia se nalatenskap sal ongetwyfeld voortgaan om ander te inspireer.” Steve Matiwane het Hamza op sy beurt as die moeder en mentor van die kollege beskryf.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article