Van links staan Charl Hambridge (uitvoerende hoof van Crestcare Malmesbury), Lena September, Tiaan Neelse, Ronelle Dyason, Monique Dyason, Harold Cleophas (uitvoerende burgemeester van die Swartland), Rogun Yallappa (takbestuurder van Checkers Malmesbury), Joggie Scholtz (munisipale bestuurder van die Swartland-munisipaliteit), Lauren Jacobs, Tyla Grovers, Legracia Neelse en Brumilda Swarts. Foto: Charlotte Lesch


Foreign Ground Café, Checkers SA se heel eerste koffiewinkel in die land, het gister (Maandag 2 September) sy deure as die amptelike koffiewinkel van die Crestcare Malmesbury-hospitaal geopen.

Volgens Charl Hambridge, uitvoerende hoof van die hospitaal, is dit ’n groot voorreg om Checkers se eerste en enigste koffiewinkel losstaande van ’n Checkers-winkel, te huisves.

“Geen so ’n koffiewinkel is al in die land geopen nie, dus is dit ’n eerste in die land, ’n eerste vir Malmesbury en boonop hul eerste koffiewinkel binne in ’n hospitaal,” vertel hy opgewonde.

Die takbestuurder van Checkers Malmesbury, Rogun Yallappa, het sy opgewondenheid saam met dié van sy personeel gedeel. Volgens Yallappa is Foreign Ground Café reg om kliënte – hetsy dit pasiënte, personeel van die hospitaal of besoekers is – te verwelkom.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article