Die Langeberg Children Group het die vroue in hul gemeenskap op Vrouedag met ’n ete bederf en ’n toespraak gehou om hulle in te lig oor hul regte en dat hulle moet opstaan teen geslagsgebasseerde geweld (GBV). Hulle is ook ingelig oor uitbuiting van vroue in die arbeidsmag, veral waar hulle dieselfde werk as mans doen, en om nie aanrandingsake terug te trek nie. Hulle is ook daaraan herinner dat vroue toegang by banke vir lenings het om hul eie onderneming te begin om afhanklik te wees. Langeberg Children Group het talle borge vir hul bydrae tot die Vrouedag-vieringe bedank – Theodore van der Merwe, Cosy Cove, Debonairs, Heinrich Vermeulen – en diegene wat met die voorbereiding van disse gehelp het – Zinith Smith, Christian Jacobs, Eleanor Plaatjies, Kaylen Siljeur en Eleanor Plaatjies.

Credit: SYSTEM

kindergroep bederf vroue in langeberg

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article