Hierdie kerrie is so maklik om te maak en in ’n japtrap is die kos gaar en gereed om voor te sit. En vir wanneer jy onverwagte besoekers kry, is dit ’n lewensredder!

Bestanddele

15 ml olyfolie

2 uie, fyn gekap

4 kerrieblare

1 lourierblaar

2 kaneelstokkies

3 heel kardemom-sade

5 ml vinkelsaad

5 ml gedroogde fyngemaakte brandrissies

10-15 ml gemmer en knoffel, fyngemaak

5 ml gemaalde borrie

45 ml masala – of genoeg na jou smaak

8 hoenderstukke

5 ml sout

5 ml bruin asyn

2 blikkies boontjies – 410 g elk (baked beans)

65 ml vars koljander – gekapMetode:

Verhit die olie in ’n groot pot oor matige hitte. Voeg dan die uie, kerrieblare, lourierblaar, kaneelstokkies, kardemom, vinkelsaad en brandrissievlokkies by en braai totdat die uie liggies goudbruin is. Voeg die knoffel en gemmer by en roer. Voeg ’n bietjie water by die uiemengsel en laat dit vir sowat 10 tot 15 minute kook.

Voeg die borrie en masala by en roer. Voeg ’n bietjie water by en laat dit vir sowat agt minute braai, want jy wil die speserye deurgaar hê.

Voeg die hoender by en geur met sout. Voeg 250 ml (1 koppie) water by en laat dit vir 10 tot 15 minute kook.

Voeg die asyn en boontjies en nog 250 ml (1 koppie) water by. Kook oor lae tot medium hitte vir ongeveer 20 tot 25 minute. Voeg die koljander by en roer. Sit met witrys voor.. Resep-uittreksel uit Fatima Sydow se nuwe kookboek, Cape Malay Cooking: My Story, My Heritage

– Food24.com.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article