Aandete voorgesit in ’n kwessie van minute met die heerlike gereg.

Bestanddele

2 pakkies Royco- romerige kaassous

4 hoenderborsfilette – gaar en gekap

1 blik tamatie-en-uie-mengsel

2 eetlepels suiker

½ koppie cheddarkaas – gerasper

400 g pasta – gaar

Metode:

Berei die sous voor volgens die aanwysings op die pakkie.

Verhit die oond vooraf tot 180 °C. Voeg die pasta, hoender, geblikte tamatie en uie, suiker en sous in ’n groot bak by en roer alles goed.

Plaas mengsel in ’n oondvaste oondbak en sprinkel cheddar oor hoender.

Bak vir 25-30 minute tot goudbruin en borrelend.

– Food24.com.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article