Jeugdag is Donderdag 16 Junie op ’n feestelike wyse in Moorreesburg gevier. Die Moorreesburg-polisie het die jeug van Moorreesburg en Koringberg uitgenooi om in die vieringe te kom deel. Hulle is oor die gevare van bendes en dwelms gewaarsku en met inligting oor geslagsgebaseerde geweld bemagtig. Sersant Nicolette Visagie het die jeug met ’n motiverende boodskap bemoedig oor hoe hulle ’n positiewe lewe kan lei en aangespoor om altyd op die uitkyk te wees vir geleenthede wat hul drome in ’n werklikheid kan verander. Sersant Debbie Alard, wat haar onlangs by die Moorreesburg-polisie aangesluit het, het haar storie met die jeug gedeel oor hoe sy gekies het om nie ’n slagoffer van haar omstandighede te wees nie, maar eerder ’n oorwinnaar. Die talentvolle Malmesbury Majorettes het met hul danspassies kleur in die dag gesit.


Jy kán jou lewe verbeter

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article