Die Moorreesburg-jukskeiklub het sy jaarlikse liga-dag Saterdag (18 November) aangebied.
Altesaam 17 spanne van Langebaan, Citrusdal, Vredenburg en Moorreesburg het in onderskeidelik die B-, C- en D-afdelings meegeding.
Die uitslae was soos volg:
B-afdeling
1ste plek: Langebaan B1
2de plek: Langebaan B4
3de plek: Langebaan B3
C-afdeling
1ste plek: Citrusdal C1
2de plek: Langebaan C1
3de plek: Moorreesburg C2
D-afdeling
1ste plek: Citrusdal D1
2de plek: Langebaan D1
3de plek: Vredenburg D1
Die Moorreesburg-jukskeiklub se bestuur bedank alle ondernemings, mense en instellings vir die skenkings, almal wat gehelp het met die reëlings en voorbereidings en elke liewe speler en almal wat die dag bygewoon het, “waarsonder die dag nie so ’n reusesukses sou gewees het nie”.
Belangstellendes kan Dinsdae of Donderdae om 16:00 by die bane by Gene Louw-sportterrein aansluit.





