Die plaaslike en bekroonde wynkelder Darling Cellars bied Saterdag 22 Oktober ’n potjiekoskompetisie ten bate van Jo-Dolphin Swartland APD op Malmesbury aan. Hulle noem dit Jo-Pot.

Kry jou span bymekaar en beplan jou pot. Inskrywingsgeld beloop R1 000.

Bring jou eie gazebo, stoele, hout en braai. Lekker pryse is op die spel vir die span wat die beste aangetrek is, die mooiste stalletjie én die beste gees het.

Die seremoniemeester en hoof-beoordelaar is die bekende radio-omroeper en -persoonlikheid, Martelize Brink van RSG.

As jy nie jou eie pot wil maak nie, bespreek ’n tafel en kom smul saam. Om in te skryf of ’n tafel te bespreek, kontak Christine by 083 226 8769 of by tasting@darlingcellars.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article