’n Insleepwa het Donderdagoggend voor 11:00 tussen Ashton en Swellendam van die pad af gery. Die polisie het om 11:00 inligting ontvang oor die ongeluk op die R60, die pad tussen Ashton en Swellendam. Met hul aankoms het die polisie ’n insleepwa gevind wat op sy linkersy op die padwal gelê het. Die bestuurder van die vragmotor, ’n volwasse man, ouderdom onbekend, is deur paramedici op die toneel dood verklaar. ’n Saakdossier van strafbare manslag is vir ondersoek geopen,” het die provinsiale polisiewoordvoerder, kapt. Frederick van Wyk, gesê. Dit is tans nog onbekend hoe die ongeluk gebeur het. Volgens inligting van iemand wat op die toneel was, was geen ander voertuie betrokke nie en geen remmerke is op die pad gesien nie. Foto: One-Way Towing


insleepwa-bestuurder sterf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article