Die Suid-Afrikaanse polisiediens op McGregor wil die gemeenskap, veral die plaaseienaars, bewus maak dat daar tans gereeld Telkom-kabels en kabels van pomphuise in die landelike gebiede gesteel word.
Indien die gemeenskap enige verdagte voertuie of persone naby plase oplet, kan die polisie by McGregor geskakel by 023 625 8000. Die plaaslike polisie wil ook die inwoners op die dorp daarvan bewus maak dat daar ook tans verskeie huisbrake plaasvind by woon- en sakepersele.
Indien enige verdagte persone of vreemde voertuie in die omgewing opgelet word, vra die polisie dat die gemeenskap die polisiekantoor daarvan in kennis sal stel.



