Die Malmesbury-polisie doen ’n beroep op inwoners om inligting te verskaf ná ’n gewelddadige inbraak en rooftog by ’n plaaslike sakeonderneming.
Die polisie is op 1 Augustus omstreeks 23:00 na ’n winkel in Ilingulethu ontbied kort nadat die klaer aangeval en die perseel beroof is.
Die klaer is op die toneel aangetref.
Twee mans het hulle na bewering deur die agterdeur van die winkel by die perseel ingedwing en die klaer een keer met ’n mes in die bors en twee keer in die arm gesteek.
Die klaer is ook met ’n elektriese koord vasgebind. Altesaam R4 000, R400 se energiedrankies en R1 700 se sigarette is gesteel.
Die polisie vra enigiemand wat inligting oor die voorval het of weet waar die verdagtes is, moet na vore tree en dit by die plaaslike polisiekantoor by 022 482 7560 of Crime Stop by 08600 10111 aanmeld.



