Neem kennis dat Covid-19-inentings en -versterkingsdossise op 9 Junie vir die laaste keer by die Chris Van Zyl-inentingsfasiliteit gebied is. Mense van die omgewing kan voortaan na Happy Valley-kliniek gaan vir inentings elke Vrydag tussen 12:00 en 14:00.
Ander inentingsfasiliteite in die Langeberg waar die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand gratis Covid-19-inentings en versterkingsdosisse doen, is:. Strooidak-kliniek in Robertson: Maandag tot Vrydag 09:00 – 15:30. Montagu-kliniek: Maandag 12:00 – 14:00. Cogmanskloof-kliniek: Elke tweede Dinsdag, 14:00 – 15:00. Zolani-kliniek: Elke tweede Woensdag, 12:00 – 15:00. McGregor-kliniek: Woensdag, 13:30 – 15:00. Bergsig-kliniek: Elke Vrydag van 13:00 – 15:00




