Dié atlete van die Hoërskool Swartland het by die onlangse Top-10-atletiekbyeenkoms, aangebied deur die Hoërskool Dirkie Uys, medaljes gewen. Agter van links is Cay-Dee de Bruin, Kerryn Busch, Callum Liedeman, Rouxandré Maritz, Nicholai Miggel en Zaidell Paulus Credit: SYSTEM

Die Hoërskool Swartland se atlete het Saterdag 4 November aan die Hoërskool Dirkie Uys se Top-10-byeenkoms deelgeneem.

Die volgende medaljewenners het onder die topdrie in hul onderskeie items geëindig:

Goue medaljes:

Nicholai Miggel (seuns o.16; 100 m)

Kerryn Busch (meisies o.16; hoogspring)

Silwermedaljes:

Cay-Dee de Bruin (meisies o.15; gewigstoot)

Devonique Cleophas (meisies o.16; 800 m en 400 m)

Zaidell Paulus (seuns o.15; 100 m-hekkies)

Jordan Joubert (meisies o.15; hamergooi)

Bronsmedaljes:

Marcha Dudley (meisies o.17; 100 m)

Martinique van Zyl (meisies o.15; hamergooi)

Deven Bocks (seuns o.17; 200 m)

Callum Liedeman (seuns o.16; diskusgooi en gewigstoot)

Ezrique Pinto (seuns o.16; 100 m)

Rouxandré Maritz (seuns o.14; hamergooi)

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article