Die Hoërskool Swartland het die afgelope Saterdag in sy laaste wedstryd vir die seisoen teen Hottentots Holland in ’n 50-beurte-krieketwedstryd gespeel. HS Swartland het die loot gewen, besluit om eerste te kolf en 245 lopies aangeteken. Hottentots Holland het slegs 79/10 in 36 beurte gehaal. Swartland het die wedstryd dus met 166 lopies gewen. Die beste kolwers (foto bo) was Carlo van der Merwe met 136 lopies van 118 balle, en Joshua Muller met 41 lopies. Die beste bouler was Cobus Steyn met 8/12 in 10 beurte. Hy was ook twee keer op ’n driekuns. Foto:

Credit: SYSTEM

hs swartland wen ver

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article