Die span van die Hoërskool Swartland het in ’n T-20-kragmeting met Paarl Gimnasium afgereken. Foto:

Credit: SYSTEM

Die Hoërskool Swartland het Dinsdag 31 Januarie 2023 ’n T-20-wedstryd teen Paarl Gimnasium se eerste krieketspan in die Paarl gespeel en die wedstryd met vyf lopies gewen.

Hoërskool Swartland het die loot gewen, eerste gekolf en 131 lopies aangeteken. Die beste kolwers op die dag was Carlo van der Merwe (48 lopies), Juriaan Schreuder (32 lopies) en Joshua Muller (25 lopies; n.u.n.)

Paarl Gimnasium het slegs 126/3 in hulle toegelate 20 boulbeurte aangeteken.

HS Swartland se beste boulers was Carlo van der Merwe (1/16 in sy vier beurte); Juriaan Schreuder (1/21 in vier beurte) en Juan Meyer (1/24 in vier beurte).

Sagren Papier het ook in die laaste beurt uitstekend geboul, waar hy 11 lopies moes verdedig het.

Die Hoërskool Swartland het die wedstryd dus met vyf lopies gewen.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article