Ry jy hierdie vakansie met Jan Tuisbly se karretjie? Dan is die 5-a-side-hokkie-Oktoberfest net die geleentheid vir jou!
Die Hoërskool Swartland, in samewerking met Trinity Academy, bied ’n ongelooflike vierdag-hokkietoernooi vir hokkiespelers aan.
Dit vind van 2 tot 5 Oktober by die Hoërskool Swartland Astro in Malmesbury plaas.
Verblyf is beskikbaar.
Dit is ’n “Oktoberfest” wat geen hokkiespeler wil mis nie.
Volg die skakel en registreer om jou plek te verseker: https://forms.gle/bK45e4io3eg3VjQV9




