Langeberg 8 Ball Pool Liga se wedstryde is steeds hewig aan die gang.

Sondag (16 Oktober) was dit die gedugte Hillside-potspelklub Dorpsig en Fanatics wat mekaar in ’n taai stryd gepak het. Hillside het seker gemaak hy beklink sy plek in die Top-4. Hillside het van die begin tot aan die einde teen Fanatics die pap behoorlik dik aangemaak. Hillside het Fanatics vinnig met uitgeslape spel oorrompel en 17 punte teenoor agt gewen, waardeur Hillside sy eerste plek op die punteleer behou het, gevolg deur Killer-Beatz. . In ander wedstryde het Killer-Beatz en All Stars Droëheuwel mekaar gepak.

Killer-Beatz het die voortou geneem, maar All Stars het skielik besluit hy kan dit doen, en Killer-Beatz 15 punte teenoor 10 kafgedraf.

Die SA speler Gerovan Otto het ’n volle 5/5 vir Killer-Beatz gekry. . Langeberg 8 Ball Pool se Sondagliga lewer elke Sondag baie goeie potspel vir die gemeenskap.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article