As daar een saak is wat opnuut besef moet word, is dit die belangrike rol wat die kerk in die samelewing speel.
Dít is die mening van Solidariteit Helpende Hand, wat vanjaar sy derde Helpende Kerke-kongres aanbied.
Die eerste is in 2019 kort voordat die Covid-19-inperkings aangekondig is. Daarna kon die instansie weens Covid-19 vir twee jaar nie vergader nie, maar verlede jaar het dit weer in Pretoria plaasgevind, en vanjaar word dit die eerste keer in Kaapstad aangebied.
Die tema vir 2023 se Helpende Kerke-kongres is “Christus se kerk – van agenda tot praktyk”.
Hannes Noe¨th, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, het gese^ die doel van die kongres is om ’n platform vir rolspelers te skep om na mekaar om te sien en om saam te beplan hoe die samelewing die opdrag om mekaar lief te he^ en te versorg, kan uitvoer.
“Solidariteit Helpende Hand fokus op gemeenskapsontwikkeling, en ons is terdeë bewus daarvan dat dit nie moontlik is om gemeenskappe te ontwikkel sonder om die kerk se rol in die samelewing te beklemtoon en bevestig nie,” het Noe¨th gesê.
Die kongres vind op 25 Mei van 08:00 tot 15:00 op die Vredenheim-wynlandgoed buite Stellenbosch plaas.
Gouspringkaartjies is beskikbaar tot 12 Mei en die kostes beloop R280 per persoon en R250 per persoon indien drie of meer mense van dieselfde instansie kaartjies vir die kongres bespreek.
Ná 12 Mei kos die kaartjie R350 per persoon en indien meer as drie kaartjies terselfdertyd deur dieselfde instansie aangekoop word, sal die koste slegs R300 per persoon beloop.
Alle kaartjies sluit ’n ligte ontbyt en middagete in.
Die program gaan fokus op die wie, wat, waar en hoe van kerkwees, die kerk in die gemeenskap asook gemeenskapsontwikkeling, die kerk en gawes in die gemeente, en die kerk in teorie en praktyk. Die inligting sal veral van nut wees vir kerke se voorsitters, kerkraadslede, leraars, pastore, diakoniee¨ en welsynsgroepe.
Alle belangstellendes is welkom, maar slegs ’n beperkte aantal plekke is beskikbaar.
Stuur ’n e-pos-aansoek na kerke@helpendehand.co.za vir meer inligting of registreer aanlyn by www.helpendekerke.co.za.




