Die skrywer Irma Venter besoek binnekort die Malmesbury-biblioteek wanneer sy haar nuutste boek Die Verkeerde Vrou met Tafelberg as uitgewer, kom bekendstel.

Kaartjies kos R50 per besoeker en sluit ligte verversings in.

Alles gebeur Saterdag 19 November om 10:00 by die Malmesbury-biblioteek.

Irma word beskryf as ’n skrywer van spanningsverhale met fokus op sterk vroue en interessante mans.

Persverklarings beskryf die boek as volg: “Liela Oloffson het alles wat die meeste mense begeer – skoonheid, roem en ’n blink loopbaan as aktrise. Maar dan verdwyn sy een Vrydagnag en die polisie moet die media se hulp inroep om haar op te spoor. Die gesoute misdaadjoernalis Ami Prinsloo volg Liela se spoor soos ’n bloedhond van waar sy laas in Johannesburg gesien is en selfs terug tot in haar kinderdae. Kruip Liela weg, of is sy gekaap? Of dalk ontvoer? En waaroor het sy en haar verloofde so hewig baklei net voordat sy verdwyn het?”

Skakel 022 4879439 om jou sitplek te bespreek. – Sarie Nell

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article