Een persoon is dood in ’n gru-ongeluk op die Malmesbury/Wellington-kruising naby die Paarl.Foto: Verskaf


Een man is dood en nog drie ernstig beseer in ’n botsing tussen twee vragmotors by die kruising van die R44 en R45 buite Wellington.

Volgens ooggetuies het die een vragmotor oor ’n kruising met ’n rooi verkeerslig gery het en toe die ander vragmotor getref. Die een vragmotor se kajuit het die ander een s’n verwoes.

‘n Ooggetuie wat by ‘n nabygeleë onderneming was ten tyde van die voorval, het vertel dat sy ‘n oorverdowende slag gehoor het en die vibrasie van die slag ook kon voel.

 “Die lorrie met bakstene of bou rommel het oor die rooi lig gery, remme het moontlik gefaal, en teen ‘n redelike hoë spoed in die ander groter vragmotor vas gejaag.”

Die polisie en reddingswerkers is steeds op die toneel. Geen verdere inligting is nou beskikbaar nie.

Motoriste word gevra om tot verdere kennisgewing dié pad te vermy.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article