Van links staan Runa Stone, Daniel Vaughan, Nico Ferreira (bestuurder), Armand Ascaray en Daniel Griebenauw Foto: Verskaf


Daniel Griebenauw (30) het op 24 September nie net sy erfenis gevier nie, maar ’n soete oorwinning nadat hy en sy span gedurende vanjaar se Interdistrik-rolbalkampioenskap skoonskip gemaak het.

Griebenauw, wat vroeër vanjaar as lid van die o.30-WP-rolbalspan verkies is, het onlangs sy provinsie saam met sy spanlede by die Interdistrik-rolbalkompetisie in Pietermaritzburg verteenwoordig.

Die kompetisie het reeds die vorige Saterdag (21 September) begin, gevolg deur drie dae se rolbal van drie wedstryde per dag.

Hy en sy span van tien het slegs een wedstryd verloor, een wedstryd gelykop gespeel en die res van die nege wedstryde gewen.

Die span was ook eerste in hul afdeling wat ’n plek in die kwarteindronde teen Noord-Gauteng verseker het. “Dit was ’n strawwe wedstryd, maar ons het dit darem uiteindelik 15-13 gewen,” verduidelik Griebenhauw.

Die span het gedurende die eindronde op 24 September teen ’n span van KwaZulu-Natal op hul tuisbodem te staan gekom, maar het ook daar onoorwonne met ’n briljante eindtelling van 17-4 uitgeblink.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article