Theo Barnard (11), ’n gr. 6-leerder by die Christelike Privaatskool Malmesbury, het onlangs tussen 19 en 21 April aan die SA Skole-swemkampioenskap deelgeneem, waar hy sy provinsie trots gemaak het.
Theo het aan ses individuele items in die byeenkoms, wat in Gqeberah plaasgevind het, deelgeneem. Hy het uiteindelik in vier eindrondes geswem.
Theo het ’n algehele sewende plek in die 100 m-rugslag behaal, sowel as drie vierde plekke in die 100 m-vryslag, 200 IM en 50 m-vryslag.
’n Groot hoogtepunt van die kampioenskapsbyeenkoms was sy derde plek in die 100 m-vlinderslag met ’n nuwe beste tyd van een minuut 16,94 sekondes.
Die Wes-Kaapse swemspan het ’n algehele derde plek by die byeenkoms by die Newton-swempark verower.




