Geestelike leiers in die gemeenskap het Dinsdag 14 Junie saamgetrek en vir die gemeenskap te midde van die toename in geweld in die Swartland gebid. Die inisiatief gaan op ’n weeklikse grondslag voortduur. Inwoners word ook aangemoedig om die inisiatief te steun deur daagliks om 12:00 waar hulle hulle ook al bevind, vir 120 sekondes (twee minute) stil te word en vir hul gemeenskap te bid. Van links is Basil Jantjies, Mario van der Westhuizen, past. LeeRoy Vers, Delian van Schalkwyk, past. Enrico Cloete, ds. Deon Jantjies, eerw. Mariette Frantz, past. Lesley Esau, past. Lionel Sheldon en past. Bernie van Wyk.

Credit: SYSTEM

gemeenskap biddend ondersteun

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article