Darling het meer as 400 spesies veldblomme en dis in 1915, terwyl hulle tussen die veldblomme gestaan het, dat Frederick Duckitt van Waylands en die destydse pastoor se vrou, Suzanne Malan, besluit het om die diversiteit en skoonheid van Darling se veldblomme met ander te deel.  

Die Darling Veldblommevereniging is in 1917 gestig en die eerste “amptelike” Darling-blommeskou, het op die derde naweek van September in 1917 plaasgevind. 

 Kom ontmoet my sonder om te buk. Nie net 'n fees

Kom ontmoet my sonder om te buk.

Die eerste skou was ‘n blommerangskikkingskompetisie waar pryse uitgedeel is maar oor die jare het die blommeskou ontwikkel en gevorder tot aangelegde veldblomuitstallings wat die streek se treffende diversiteit van die Renosterveld, Vleiland, Sandfynbos en Strandveld ten toon stel. 

 Nie net 'n fees vir die oog nie maar ook vir die

Nie net ‘n fees vir die oog nie maar ook vir die maag.

Hierdie jaar sal die Darling Veldblommeskou vanaf 20 tot 22 September 2024 by die Darling Sportklub plaasvind en sal besoekers ‘n geleentheid bied om hulself te verdiep in die asemrowende verskeidenheid en skoonheid van die streek se veldblomme. 

 Kelkiewyn

Kelkiewyn.

Kom verken die noukeurig aangelegde uitstallings en spesies-tafel wat meer besonderhede verskaf oor die plante wat uitgestal word. 

Dwaal deur ‘n bedrywige buitelugmark met ‘n verskeidenheid heerlike kos, verfrissende drankies en plaaslike produkte.

Kalkoentjie

Kalkoentjie.

Dit is ‘n perfekte geleentheid om streekspesialiteite, plaaslike wyne en bier te proe en produkte te ontdek.

Daar sal ook ‘n pendeldiens wees wat besoekers vanaf die skouterrein na ander opwindende besoekpunte in Darling sal neem.

 Rotstert

Rotstert.

Besoekers sal wel ‘n aantal van die pragblomme in hul natuurlike omgewing kan sien tydens besoeke aan ons plaaslike reservate, maar dit sal deur weersomstandighede bepaal word. 

Sommige van die blomspesies wat uitgestal word kom op plase voor wat nie toeganklik is vir besoekers nie.

Wat jy moet weet:
  • Kaartjies wissel tussen R60 vir pensionarisse tot R80 vir volwassenes en kinders bo 12 jaar en is aanlyn beskikbaar by Quicket.
  • Vir skool- en groepbesprekings, kontak asseblief die Darling Veldblomvereniging by darlingwildflowers@gmail.com.
  • Besoek asseblief www.darlingwildflowers.co.za vir detail oor alles wat tydens die skounaweek in Darling plaasvind.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article