Sous

30 ml olie

60 ml mosterdpoeier

125 ml suiker

2 ml sout

250 ml kookwater

250 ml mayonnaise

sap van 1 suurlemoen

125 ml wit druiwe-asyn

30 ml koekmeel

Tong

Twee gaar tonge, vel afgetrek en in skywe gesny (sien wenk)

125 ml sagte broodkrummels

Verhit die oond vooraf tot 180 °C.

Sous

Meng die olie, mosterd, suiker en sout saam en klits die kookwater bietjie vir bietjie by. Klits die res van die bestanddele by.

Pak die tongskywe in ’n oondvaste bak en giet die sous oor.

Sprinkel die krummels oor en bak 45 minute in die oond totdat die sous effens verdik het en die krummels goudbruin is.

Wenk

Maak die tong so gaar:

Bedek dit met koue water. Voeg ’n kruiesakkie, 1-2 wortels, 1-2 uie, 1-2 selderystokkies en 1-2 peperkorrels by. Laat kook, verlaag die hitte en kook sowat 3 uur tot sag. Dompel in koue water en verwyder die vel terwyl die tong nog warm is. As jy die tong in die kookvloeistof laat afkoel, smaak dit beter.

kreatiewekosidees.com.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article