Swartland Gazette se fisieke kantoor in Voortrekkerweg, Malmesbury, sluit Vrydag 31 Maart amptelik sy deure, maar dit is nie die einde van dié gedrukte koerant nie.

Gazette volg die afgelope twee jaar ná die Covid-19-inperking reeds ’n hibriedewerkmodel, en die besluit is onlangs geneem om die kantoor te sluit nadat dit duidelik geword het die behoefte vir ’n formele kantoorruimte is nie noodwendig meer nodig nie.

Hoewel besluit is om die kantoorruimte in die dorp prys te gee, sal die Gazette steeds poog om elke week gehaltenuus en stories van oor die breë Swartland-gemeenskap aan te bied.

Ons is opgewonde oor alles wat die toekoms inhou en sien uit om die koerant na nog groter hoogtes te neem.

Ons nooi dus lesers om steeds nuus en foto’s met ons te deel. . Kontak Maryke Swart by 022 713 1066 of 076 012 5048 (per WhatsApp), of stuur e-pos na maryke.swart@media24 .com vir enige redaksionele navrae; Loraine Malan vir enige advertensienavrae by 071 492 9797 of Jaydene Sampson vir geklassifiseerde advertensies by 071 434 7583.

Vir algemene navrae, skakel ons gerus by 021 870 4600.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article