Wynand Hofmeyr (links) van Malmesbury het verlede naweek in die SA Omnium-fietsrykampioenskap in Johannesburg puik presteer deur ’n silwermedalje te wen. Die volgende dag het hy en sy spanmaat, Joshua Louw (regs) goue medaljes in die uitdagende SA Madison-kampioenskap losgetrap. In ’n naweek van mededinging tussen die land se heel beste fietsryers het die ASAP-span, waarvan Wynand lid is, vyf goue medaljes en een silwermedalje gewen. Wynand kom uit ’n huis van mededingende sportliefhebbers. Sy pa, Hercu Hofmeyr, het ’n week voor Wynand se fietsryprestasies sy 39ste Comrades-marathon voltooi.


Fietsryer van Malmesbury wen

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article