’n Gesamentlike misdaadvoorkomingsoptrede tussen die Piketberg-misdaadvoorkomingseenheid, Weskus se landelike blitspatrollie en die Swartland se honde-eenheid, het Dinsdag 19 Julie plaasgevind.
Twee mans is op dwelmverwante klagtes kragtens die wet op dwelms en dwelmhandel aangekla.
Volgens AO Silke Lourens, ’n woordvoerder van die Piketberg-polisie, het polisiebeamptes lasbriewe bekom om bepaalde huise te deursoek.
Tydens hierdie optrede het die polisie op dwelms met ’n geraamde straatwaarde van R4 000 beslag gelê.
Mandrax-tablette, tik en hoëgraadse dagga is by die huise gevind.
Lourens sê die verdagtes is by die Piketberg-polisiekantoor aangehou en het later in die Piketberg-landdroshof verskyn.



