Die SAPD se misdaadvoorkomingseenheid het verlede Sondag (4 Februarie) omstreeks 15:45 twee verdagtes by die N7-snelweg genader en ’n groot hoeveelheid onwettige dwelmmiddels by elkeen aangetref.

Volgens die polisie was die mans besig om duim te gooi toe die polisie by hulle stop. Een van die verdagtes het ’n daggasigaret weggegooi. Die polisie het met verdere ondersoek en tydens visentering ’n groot hoeveelheid tik (metamfetamien) en mandrax-tablette by hulle gekry, het sers. Hennie du Randt, ’n woordvoerder van die Malmesbury-polisie, bevestig.

Die verdagtes van onderskeidelik 40 en 36 jaar oud is in hegtenis geneem en het gister (12 Februarie) op aanklagte vir die onwettige handel en besit van dwelms in die Malmesbury-landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article