Vyf mense, onder wie drie kinders, is Saterdag (1 Julie) omstreeks 05:30 in ’n botsing tussen ’n vragmotor en ’n motor op die N7-snelweg naby die Moorreesburg-aansluiting, beseer. Volgens AO Nicolette Visagie, ’n woordvoerder van die Moorreesburg-polisie, het die bestuurder van die motor glo versuim om by die stopteken by die kruising stil te hou en teen ’n aankomende vragmotor gebots. Die insittendes van die motor, onder wie die bestuurder, ’n vrou en drie kinders tussen die ouderdom van vyf en 13, het beserings opgedoen en is na ’n nabygeleë hospitaal geneem. ’n Klagte van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek

drie kinders onder vyf wat in botsing op n7 beseer is

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article