Die Langeberg-dominovereniging is Sondag 15 Mei die gasheer vir die domino-saamtrek van vier verenigings in die Wes-Kaap – Langeberg, Langeberg Landelik, Eden en Hesseqau – in die Robertson-gemeenskapsaal. Dit is die eerste keer in twee jaar sedert die pandemie sy verskyning gemaak het, dat ’n byeenkoms plaasvind. Volgens Winston Karelse, die voorsitter van die Langeberg-domino-vereniging, is die doel van die dag om besprekings te hou om die sport te laat hervat. Die vier verenigings sal terselfdertyd teen mekaar speel vir ’n domino-dag wat die oggend om 10:00 sal begin met die wedstryde wat as volg beslis sal word: Langeberg teen Hesseqau en Langeberg Landelik teen Eden. Die gemeenskap word hartlik uitgenooi om hul plaaslike domino-vereniging te kom ondersteun. Vir meer inligting oor die domino-dag kan Winston Karelse by 060 521 3648 gekontak word. Foto:

Credit: SYSTEM

domino’s trek laer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article